Afname van 29,8% in polisie-optredes kan misdaadstatistiek in Gauteng nadelig beïnvloed


Jan‘s Advertisement
New Nation News
This is the best website in America that exposes BLACK CRIME! It is fantastic. Every White American should see this!


Die afname van 29,8% in polisie-optredes in Gauteng gedurende die eerste drie maande van 2021, kan die provinsie se misdaadstatistiek nadelig beïnvloed. Hierdie afname kan waarskynlik toegeskryf word aan ‘n tekort aan mannekrag, toerusting en opleiding.

Die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, het hierdie afname in sy kwartaaloorsig vir die provinsie se misdaadstatistiek bekend gemaak.

Die polisie was in die verlede, tesame met ander veiligheidsowerhede, meer gereeld in teen-misdaadoperasies betrokke om oortreders vas te trek.

Tydens hierdie operasies is motoriste voorgekeer om die geldigheid van rybewyse en die padwaardigheid van voertuie na te gaan. Motors is ook vir wapens, gesteelde goedere en onwettige vuurwapens deursoek.

Gedurende Januarie tot Maart 2020 is 19 206 mense in hegtenis geneem vir ‘n verskeidenheid van oortredings en in dieselfde tyd vanjaar het die syfer tot 13 482 gedaal.

Die skerp afname in sigbare polisiëring-optredes is ongetwyfeld ‘n roepsein aan lt.genl. Mawela om in te gryp om die polisiediens in Gauteng doelgerig en doeltreffend te bestuur.

Misdaadbekamping in Gauteng is van kardinale belang en daarom kan die polisie nie sy optredes weens logistieke probleme inperk nie.

In die lig van die stygende gevalle van moord en poging tot moord in die provinsie, is dit van uiterste belang dat die polisie sy grondwetlike plig nakom om die inwoners van Gauteng se veiligheid te verseker.

Source: https://vfplus.org.za/media-releases/afname-van-298-in-polisie-optredes-kan-misdaadstatistiek-in-gauteng-nadelig-benvloed



Jan‘s Advertisement
VIDEO: BIG RUSSIAN LIES: How many Russians have died in the Ukraine war?
Putin and the Russian Government tell insane lies about how many Russian troops have died. In this comprehensive article and this short BBC video you will see the best estimates I can give based on all the data I have seen about how many Russian and Ukrainian Troops have actually been KILLED up to 16th June 2023.

%d bloggers like this:
Skip to toolbar